Jesus
se briefie vir sy kinders –
Toe
Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart.
Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem
gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander - selfs toe jy
nog net 'n gedagte was.
Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot.
Jou
vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou
vingertjies sal Ek nooit weer herhaal nie.
Jy
is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie.
Ek
maak net mense na My beeld.
Toe
die tyd reg was het Ek jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms neergelê.
Ek
het in jou ogies gekyk, gestaar en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak.
Nog
nooit het Ek daarna My oë van jou afgehaal nie.
Ek het jou gesien groot word.
In die dag bewonder Ek jou en in die aande sit
Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.
Soms het daar trane oor jou wange gerol oor
gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos 'n
mislukking gevoel het of hartseer was.
Daar
was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat
jy moedeloos was.
Dae
wat pyn jou wou vernietig het!
Ek het saam met jou gehuil , My hande gehou en
jou kosbare trane opgevang.
Ek
ken seer, Ek ken pyn.
Daar
was self ‘n tyd wat mense my nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp
het en aan ‘n kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel.
Daar
was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom.
Ek
wil net vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My
onkant gevang nie.
Ek
was nie verbaas nie.
Ek weet alles.
Ek
verstaan alles.
Ek
sien alles.
Ek
kyk nie na jou met oë wat oordeel nie.
Ek
kyk na jou met oë van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek ‘n God
is wat uit liefde bestaan.
Soms
het mense al ‘n verkeerde prentjie van My vir jou geskilder.
Ek wil jou nie straf nie.
Ek ken jou beter as enige iemand anders.
Ek is lief vir jou.
No comments:
Post a Comment